Meehelpen? Ga naar etymologieWiki

 

Jaarwoord generator van Genootschap Onze Taal

 

boterkop - (zwak paard)

Dialectwoordenboeken en woordenboeken van variëteiten van het Nederlands

G.J. van Wyk (2003), Etimologiewoordeboek van Afrikaans, Stellenbosch

botterkop s.nw.
1. Perd, donkie of muil wat swakgeteel of swakontwikkeld is, dikw. met 'n groot kop. 2. Dom persoon. 3. Sagte, teer blomplant wat in lande groei, verwant aan die papawer.
Samestelling van botter en kop. 'n Swakgeteelde of swakontwikkelde perd, donkie of muil word wsk. so genoem omdat hulle onsuiwer bloed en gepaardgaande minderwaardige fisieke eienskappe aan die bederfbaarheid van botter herinner. Daar is mntl. ook 'n bygedagte aan die sagtheid van botter wat dalk met klein kindertjies, wie se koppe nog sag is, geassosieer word, omdat hulle onervare en ongeskool is en dikw. domastrant en voortvarend optree, baie soos bg. diere wat vanweë hulle swak eienskappe moeilik hanteerbaar en daarom minder bruikbaar is. 'n Dom persoon word mntl. so genoem n.a.v. bg. diere. Die blomplant word wsk. so genoem omdat sy geel blomme aan die kleur van botter herinner. Ndl. boterkop (1769 - 1811) kom slegs voor in die bet. 'houtkop of houer waarin botter afgemeet word', maar kon mntl. 'n invloed gehad het op die vorming van die samestelling in Afr. Eerste optekening in Afr. in bet. 2 by Pannevis (1880).

Hosted by Meertens Instituut